FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2003

FIFA Sokker-Konfederasiebeker
Coupe des Confédérations 2003
Toernooi-inligting
Gasheerland Vlag van Frankryk Frankryk
Datums 18 – 29 Junie
Spanne (van 6 konfederasies)
Stadions (in 3 stede)
Finale uitslag
Kampioene Vlag van Frankryk Frankryk (2 titels)
Tweede plek Vlag van Kameroen Kameroen
Derde plek Vlag van Turkye Turkye
Vierde plek Vlag van Colombia Colombia
Toernooi-statistieke
Wedstryde gespeel 16
Doele 37 (2.31 per wedstryd)
Bywoning 491 700 (30 731 per wedstryd)
Meeste punte Vlag van Frankryk Thierry Henry (4 doele)
Beste speler Vlag van Frankryk Thierry Henry
2001
2005

Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2003 (Frans: Coupe des Confédérations 2003; Engels: FIFA Confederations Cup) is van 18 tot 29 Junie 2003 in Frankryk aangebied. Dit was die vierde sokker-konfederasiebeker wat onder FIFA se vaandel aangebied is. Die eerste twee toernooie in 1992 en 1995 is onder die naam Koning Fahd-beker aangebied en terugwerkend deur FIFA as Sokker-Konfederasiebekertoernooie erken.

Die Sokker-Konfederasiebekertrofee waarom meegeding is

Soos gebruiklik het die gasheerland, die destydse wêreldkampioen en die kampioene van elk van die ses sokkerbonde deelgeneem. Frankryk, die gasheerland en verdedigende kampioen van 2001, het die toernooi gewen nadat hulle Kameroen in die eindstryd geklop het; Kameroen het die eerste Afrikaspan geword wat die eindstryd van ’n interkontinentale sokkertoernooi gehaal het. Turkye het in die derde en Colombia in die vierde plek geëindig. Dit was die vierde en laaste toernooi waartydens die goue doel-reël vir die beslissing van ’n wedstryd ingespan is, dié reël is ook vir die drie vorige 1997-, 1999- en 2001-toernooie ingespan.

Die toernooi is ontsier deur die dood van die Kameroense sokkerspeler Marc-Vivien Foé wat in die wedstryd teen Colombia op die veld aan ’n akute hartstilstand oorlede is.


Developed by StudentB